Home > Terms > Afrikaans (AF) > Wet van Hess

Wet van Hess

Wet in 1840 deur G.H. Hess (1802 tot 1850) opgestel. Wet waarvolgens die warmte-effek by 'n skeikundige omsetting afhanklik is van die begin- en eindtoestand van die reagerende stowwe, maar onafhanklik van die wyse waarop die omsetting tot stand kom; prinsipe van die konstante warmtesomme; Hessiese wet: Die wet van Hess kan geïllustreer word deur bv. die aantal kalorieë te meet wanneer 'n sekere gewig grafiet direk tot kooldiokside verbrand word en dan weer as dieselfde gewig grafiet eers tot koolmonokside en laasgenoemde vervolgens tot kooldiokside verbrand word; in albei gevalle ontstaan dieselfde aantal kalorieë. Die wet van Hess vloei direk voort uit die wet van behoud van energie.

0
Collect to Blossary

Member comments

You have to log in to post to discussions.

Terms in the News

Featured Terms

Karin Stelzmann
  • 0

    Terms

  • 0

    Blossaries

  • 3

    Followers

Industry/Domain: Arts & crafts Category: Oil painting

Die tuin van Aardse Genot.

Bosch se mees bekende en onkonvensionele skildery, Die Tuin van Aardse Genot was geskilder tussen 1490 en 1510. Die olie skildery is een van drie ...